Welcome to the Doctors' Portal
00:00 Sunday
Mediclinic News : Hier is die beste hospitale

Title

Hier is die beste hospitale

Date

2016-08-30

Link

News Description

SAKE 24 Die meeste van die 20 beste hospitale in die land is in die Wes-Kaap, volgens 'n peiling van Discovery Health, die administrateur van mediese skemas. Die Wes Kaap het agt van die land se 20 beste hospitale, gevolg deur Gauteng met vyf en KwaZulu-Natal met vier. Die peiling is in 2015 gedoen onder lede van die skemas wat Discovery Health administreer nadat hulle uit 'n hospitaal ontslaan is. Die hospitaal wat die beste ervaring aan pasiënte gebied het wat betref gehaltesorg, is die Gateway Private Hospitaal in KwaZulu-Natal, gevolg deur die Lowveld-hospitaal in Mpumalanga en Cormed Clinic in Gauteng. Dr. Roshini Moodley Naidoo, hoof van gehaltesorg van Discovery Health, se die peiling skep groter bewustheid onder gesondheidsverskaffers oor gehaltesorg en help dat daar 'n stelselmatige verbetering kom in die sorg wat pasiënte kry. Discovery het in 2013 begin met die peiling om die gehalte van sorg by hospitale te probeer meet. Daar is 'n tekort aan goeie inligting oor die gehalte van sorg wat hospitale in Suid-Afrika bied, het onlangs tydens die markondersoek oor private gesondheidsorg aan die lig gekom. Die vraelys wat na 'n pasiënt se opname in die hospitaal uitgestuur word, sluit afdelings in oor sorg wat van verpleërs gekry word; die sorg wat van dokters gekry is; die hospitaaltoestande en die ervaring van die hospitaal. Ten opsigte van verpleërs is onder meer gevra of hulle die pasiënte met respek behandel het, deeglik na hulle geluister het en verduidelik het hoe dinge werk, en gou vir hulp opgedaag het as die pasiënt die klokkie gelui het. Soortgelyke vrae is oor dokters gevra. Oor hospitaaltoestande is pasiënte gevra hoe dikwels die kamers en badkamers skoongemaak is, of dit stil was in die nag en of hulle hulp gekry het om badkamer toe te gaan. Oor die ervaring is gevra of hul pyn goed beheer is. Elke hospitaal se telling, en hoe dit met vorige jare vergelyk, kan op die volgende skakel gekry word: discovery.co.za/ portal/individual/hospitaltop20. Gateway in Umhlanga Rocks het vir die eerste keer 'n telling gekry, want in die vorige twee jaar was daar nie genoeg deelname deur pasiënte nie. Sy telling is 76,7. Vergeleke daarmee is die gemiddelde telling vir die res van die land se private hospitale 60,6. 1. Gateway Private Hospitaal 2. Lowveld-hospitaal 3. Cormed Clinic 4. Sunningdale-hospitaal 5. Zuid-Afrikaans-hospitaal 6. Moot-Algemene-Hospitaal 7. Mediclinic Midstream 8. Busamed Paardevlei Private Hospitaal 9. Hillcrest Private Hospitaal 10. Wilmed Park Private Hospitaal 11. Rondebosch Mediese Sentrum 12. Life Bay View Private Hospitaal 13. Mediclinic Milnerton 14. Mediclinic Hermanus 15. Mediclinic Panorama 16. Bellville Mediese Sentrum 17. Midvaal Private Hospitaal 18. Mediclinic Victoria 19. Mediclinic Stellenbosch 20. Ethekwini Hospital and Heart Centre
Created at 2016/09/07 11:12 AM by Mediclinic
Last modified at 2016/09/07 11:12 AM by Mediclinic