Welcome to the Doctors' Portal
00:00 Sunday
Mediclinic News : Mediclinic verwag kleiner winsmarges

Title

Mediclinic verwag kleiner winsmarges

Date

2016-09-28

Link

News Description

SAKE24 Die hospitaalgroep Mediclinic verwag om sy groei in die boekjaar tot einde Maart ondanks die moeilike ekonomiese toestande en groter mededinging in SuidAfrika voort te sit. Die groep se in 'n handelsoorsig sy handelswinsmarge in SuidAfrika in die halfjaar tot einde September gaan na verwagting effens laer wees as in die ooreenstemmende tydperk in 2015 toe dit 21,6% was. Dit is aan die skerp prysverhogings op farmaseutiese produkte vir sy hospitale toegeskryf. Mediclinic se hy plaas geen marge op die verkoop van die produkte aan pasiente nie. Die druk op die winsmarge is ook toegeskryf aan 'n belegging om bykomende hospitaalpersoneel aan te stel in ooreenstemming met die groep se strategie om die gehalte van sorg te verbeter, asook om salarisverhogings van sekere personeellede in ooreenstemming met die mark te bring. Sy inkomste in Suid-Afrika het in die eerste vyf maande van sy boekjaar R6 miljard beloop. Vergeleke daarmee het Mediclinic in SuidAfrika in die volle halfjaar tot einde September 2015 'n inkomste van R6,7 miljard verdien. Danie Meintjes, uitvoerende hoof van die groep, se die inkomste is ondanks moeilike toestande en 'n toename in mededinging verdien. Mediclinic, wat nou sy hoofnotering in Londen het, se aandeelprys het gister 1,61% laer op R163,63 gesluit. Sy aandeelprys het in die afgelope drie maande met 23% van R214,43 af gedaal. Etienne Eloff, portefeuljebestuurder van FNB Sekuriteite, het dit aan die versterking van die rand toegeskryf, asook die voortgesette bekommernis dat 'n regteuitgifte nodig is om die res van die Spirehospitaalgroep in Engeland te koop. Die rand het Maandagoggend met 13c tot R13,54 versterk, en gister verder tot R13,45 versterk.
Created at 2016/10/04 04:44 PM by Mediclinic
Last modified at 2016/10/04 04:44 PM by Mediclinic