Welcome to the Doctors' Portal
00:00 Sunday
Mediclinic News : Baanbreker-breinoperasie deur oog gedoen

Title

Baanbreker-breinoperasie deur oog gedoen

Date

2017-02-08

Link

News Description

BEELD/DIE BURGER In 'n operasie wat die eerste keer ter wereld gedoen is, het 'n span SuidAfrikaanse dokters aan die regterkantse basis van 'n vrou se skedel gewerk deur 'n piepklein gaatjie in die hoek van haar linkeroog te maak. Die oorkruistegniek van regs na links met endoskopiese instrumente is gedoen omdat die pasient se vloeistof om die brein spontaan by haar neus begin uitloop het. Prof. Darlene Lubbe, 'n oorneusenkeelspesialis van die Groote Schuurhospitaal, Mediclinic en die Universiteit van Kaapstad, dr. Hamzah Mustak, 'n oftalmoloog, en prof Patrick Semple, 'n neurochirurg, het die operasie onlangs uitgevoer. Daar is net drie spanne in die wereld wat sulke dissiplines kombineer om unieke operasies te doen deur die hoek van 'n oog, neus, of soms deur albei. Benewens die SuidAfrikaanse span is daar ook spanne in Amerika en Italie. Dit is die eerste keer dat die tegniek gebruik is om deur die hoek van een oog oorkruis na die ander kant van die brein te gaan. Die operasies is daarop gemik om minimaal indringend te wees. Faieza Abdol (64) van Athlone, die pasient, se sy het minder pyn gehad as toe haar katarakte verwyder is. Semple se die vloeistofdefek ontstaan op sy eie, maar dit is gevaarlik, omdat 'n mens meningitis kan kry en binne ses uur kan sterf. Die breinvloeistof loop fisiek by 'n mens se neus uit. Die ander opsies is om die skedel oop te sny en so te opereer, maar dit het meervoudige risiko's en die pasient het nie net baie pyn nie, maar moet in die waakeenheid bly. Die dokters het 'n dag voor die operasie op 'n ka dawer geoefen. Hoewel dit teoreties moontlik was om die operasie te doen, is dit nog nie voorheen gedoen nie. Lubbe en die span het al 40 ander operasies gedoen deur toegang te kry deur die hoek van die oog, maar dit was om aan dieselfde kant as die oog te werk. Die operasie het vier uur geduur en Ina die tyd het ander dokters Abdol in die saal gesien en gedink die operasie is nog nie gedoen nie. "'n Mens sien nie met die tegniek dat daar aan 'n pasient gesny is nie," se Lubbe. "Dit gee 'n mens regstreekse toegang. Ons het net 83 mm ingegaan en kon die lekplek regmaak. Indien daar 'n gewas was, sou ons dit ook so kon uithaal." Semple se die lekplek was aan die basis van die regterkant van die skedel, en omdat die hoek moeilik was, was dit beter om van die linkerkant af in te kom. Hulle wou ook nie senuwees wat aan die gesig sensasie gee, beskadig nie. Mustak het toegesien dat die oog en die senuwees nie beskadig word nie. Die span gaan op 'n konferensie in New Orleans in Amerika hul werk voorle en die tegniek aan ander dokters verduidelik. Hulle sal dit ook in 'n vakjoernaal publiseer. Abdol se dit voel glad nie of sy 'n operasie gehad het nie.
Created at 2017/02/16 03:14 PM by Mediclinic
Last modified at 2017/02/16 03:14 PM by Mediclinic