Welcome to the Doctors' Portal
00:00 Sunday
Mediclinic News : Henri van Breda gister in die hooggeregshof in Kaapstad

Title

Henri van Breda gister in die hooggeregshof in Kaapstad

Date

2017-06-01

Link

News Description

DIE BURGER Regter sal se of Henri slagoffer of verdagte was Jana Breytenbach Regter Siraj Desai sal vandag uitspraak lewer of die polisie Henri van Breda as 'n slagoffer of verdagte hanteer het op die dag toe hy sy verklaring aan hulle afgele het. Die staat en verdediging het gister hul slotbetoe in 'n binneverhoor oor die kwessie in die hooggeregshof in Kaapstad gevoer. Van Breda se regspan betwis die toelaatbaarheid van sy verklaring en voer aan hy is as 'n verdagte hanteer en nie as 'n slagoffer nie. Adv. Susan Galloway, vir die staat, het gister betoog Van Breda is as 'n slagoffer hanteer. "Hy was die enigste oorlewende van die aanval wat die polisie kon help om moontlike verdagtes te vind." Galloway se Van Breda is eers in die ambulans behandel, waarna hy na dr. Lizette Albertse geneem is. Albertse het getuig die polisie het Van Breda as 'n slagoffer van die voorval aan haar voorgestel. Sers. Clinton Malan het deurlopend getuig Van Breda is as 'n slagoffer hanteer. Van Breda is laat gaan nadat hy sy verklaring aan die polisie gelees en dit onderteken het. Hy is nie aangehou nie en daarom is hy nie as 'n verdagte oor sy regte ingelig nie. "Dus val sy regte as verdagte weg." Adv. Pieter Botha, vir Van Breda, het sy betoog begin deur te se sy klient is as 'n verdagte hanteer en is nooit oor sy regte ingelig nie Botha het aangevoer sers. Malan se getuienis is nie geloofwaardig nie omdat hy nie vir die hof vertel het dat hy die dag toe hy Van Breda se verklaring geneem het 'n ruk nie op kantoor was nie omdat hy aan 'n ander saak gewerk het. Botha het verder aangevoer as Van Breda as verdagte hanteer is, sou hy 'n beter verklaring afgele het met sy regsverteenwoordiger teenwoordig. Verder het Botha uitgewys dat die staat gekies het om nie twee getuies, kol. Damon Beneke en sers. Adams, te roep om in die binneverhoor te getuig nie. Hy het aangevoer dit is omdat hul getuienis teenstrydig sou wees. Botha het laastens gese nog bewyse dat sy klient as 'n verdagte hanteer is, is dat DNS monsters van hom geneem is, hy net in sy onderbroek ondervra is, hy niks gegee is om te eet nie en sy familie nie by hom toegelaat is nie. Botha het ook uitgewys dat die polisie Van Breda as 'n "beweerde beskuldigde" aan dr. Michelle van Zyl by die Mediclinic Vergelegen voorgestel het. Botha het gese die onus rus op die staat om te bewys dat Van Breda nie as 'n verdagte hanteer is nie. Back to top
Created at 2017/06/06 09:48 AM by Mediclinic
Last modified at 2017/06/06 09:48 AM by Mediclinic