Welcome to the Doctors' Portal
00:00 Sunday
Mediclinic News : Mediclinic se inkomste uit SA hospitale styg

Title

Mediclinic se inkomste uit SA hospitale styg

Date

2018-04-18

Link

News Description

DIE BURGER (SAKE) Die hospitaalgroep Mediclinic se inkomste uit hospitale in Suider-Afrika gaan na verwagting met 5% tot R15,1 miljard styg in die boekjaar tot einde Maart. Mediclinic sê in ’n handelsoorsig die inkomste van sy hospitale in Suider-Afrika het in die tweede helfte van sy boekjaar bo verwagting gevaar. Die groep se bedryfswinsgrens is stabiel gehou op 21,2%. Die dae wat pasiënte in die hospitaal deurgebring het, het met 1,5% gestyg. Die inkomste per dag het met 6,7% gestyg. Dit is normaalweg ’n kombinasie van prysstygings en die aantal gevalle wat behandel is. In geheel verwag die groep sy resultate vir die jaar tot einde Maart gaan effens beter as verwag wees nadat sy bedrywighede in die Midde-Ooste ’n wesentlik beter tweede helfte beleef het. Mediclinic sê sy inkomste gaan internasionaal met sowat 2% styg. Die aangepaste bedryfswins, uitgesluit finansieringskoste en waardevermindering, toon geen groei van die vorige jaar af nie. Danie Meintjes, uitvoerende hoof van Mediclinic International, sê die ommekeer in Abu Dhabi is suksesvol en tans word die grondslag gelê vir ’n volhoubare vertoning op lang termyn. “Die Midde-Oosterse bedrywighede gaan nou ’n uitbreidingsfase binne en ons verwag ’n sterk verhoging in inkomste en ’n verbetering in marges oor tyd.” In Switserland het sy onderneming na verwagting presteer.
Created at 2018/04/26 10:19 AM by Mediclinic
Last modified at 2018/04/26 10:19 AM by Mediclinic