Welcome to the Doctors' Portal
00:00 Sunday
Mediclinic News : Verslag oor private gesondheidsorg kom eers 31 Mei

Title

Verslag oor private gesondheidsorg kom eers 31 Mei

Date

2018-04-29

Link

News Description

SAKE Die Mededingingskommissie sê hy het die publisering van sy verslag oor private gesondheidsorg met 'n maand uitgestel in belang van billikheid en die integriteit van die proses. Die verslag oor die markondersoek na die private gesondheidsorgbedryf HMI gaan nou op 31 Mei bekend gestel word. Die uitstel was nodig om HMI kundiges genoeg tyd te gee om vertoë van belangegroepe op nege ontledende verslae wat in Desember gepubliseer is, noukeurig deur te gaan. In Januarie en Februarie het die HMI vertoë ontvang van onder meer die Raad op Mediese Skemas, Discovery Health, Medscheme Holdings, die Nasionale Hospitaalnetwerk en die Health Funders Association. Daarbenewens het hy ook formele aansoeke van die genoteerde private hospitaalgroepe Netcare, Life Healthcare en Mediclinic ontvang om die onderliggende data ter hersien. Die ondersoekpaneel verwag geen verdere verandering aan die algehele tydsraamwerk om die ondersoek te voltooi nie.
Created at 2018/05/07 04:34 PM by Mediclinic
Last modified at 2018/05/07 04:34 PM by Mediclinic