Welcome to the Doctors' Portal
00:00 Sunday
Mediclinic News : MEDICLINIC SOEK TRIBUNAAL SE REDES VIR VERBOD VÓÓR APPÈL

Title

MEDICLINIC SOEK TRIBUNAAL SE REDES VIR VERBOD VÓÓR APPÈL

Date

2019-01-31

Link

News Description

NETWER24 Mediclinic Suider-Afrika wil eers die skriftelike redes kry vir die besluit van die Mededingingstribunaal om sy beoogde oorname van twee hospitale in Klerksdorp te verbied, voordat hy besluit of hy gaan appelleer daarteen. Die Mededingingstribunaal het sy besluit oor die beoogde oorname Woensdag aangekondig. Skriftelike redes vir die besluit moet binne 20 werksdae verskaf word. “Mediclinic sal dan omvattender kommentaar kan lewer nadat hy die redes kon bestudeer en ontleed.” Die hospitaalgroep sê hy behou die reg voor om binne die voorgeskrewe 20 dae ’n formele kennisgewing van appèl aan die Mededingingsappèlhof voor te lê. Die Mededingingstribunaal moes besluit of Mediclinic vir Matlosana Medical Health Services (MMHS) kon oorneem. Mediclinic sou ingevolge die voorgestelde transaksie ’n meerderheidsbelang in MMHS kry. MMHS besit en bedryf twee private hospitale, Wilmed Park en Sunningdale, in Klerksdorp, Noordwes. Mediclinic het 50 km van daar af ook ’n hospitaal in Potchefstroom. Die twee hospitaalgroepe het op 29 September 2016 die Mededingingskommissie van die beoogde transaksie verwittig. Die kommissie het daarna, op 28 Junie 2017, aanbeveel dat die tribunaal die oorname moet verbied omdat die kommissie meen dit sal tot ’n styging in hospitaalkoste lei.
Created at 2019/02/19 11:45 AM by Mediclinic
Last modified at 2019/02/19 11:45 AM by Mediclinic