Welcome to the Doctors' Portal
00:00 Sunday
Mediclinic News : ‘GESONDHEID ALMAL SE VERANTWOORDELIKHEID’

Title

‘GESONDHEID ALMAL SE VERANTWOORDELIKHEID’

Date

2019-03-25

Link

gesondheid-almal-se-verantwoordelikheid-20190320-2

News Description

NETWERK24 “Gesondheidsdienste is die man daat van die departement van gesondheid, maar gesondheid is almal se verantwoordelikheid.” Só het die provinsiale minister van gesondheid, dr. Nomafrench Mbombo, Maandag (18 Maart) by die inwyding van die nuwe vleuel van die Vredenburg-hospitaal gesê. Die gesondheidsdepartement het saam met die departement sport en rekreasie, maatskaplike dienste en ander plaaslike rolspelers vandeesweek aan die totalegemeenskapsbenadering uitreikprogram deelgeneem. Die doel van dié program, genaamd WoSA, is om nouer samewerking tussen departemente, die publiek en rolspelers soos nieregeringsor ganisasies te hê. “Gesondheidsdienste bestaan uit verskeie stelsels. Dit help nie een deel van die stelsel gee sy alles vir die gemeenskap son der enige hulp van ander rol spe lers nie. Dit is nie volhou baar nie,” het sy verduidelik. Dr. Beth Engelbrecht, hoof van die Wes-Kaapse gesond heids departement, het bygevoeg dit is belangrik vir gesond heidswerkers om die maatskaplike omstandighede van hul pasiënte te verstaan. “Wanneer jy ’n gewone mens is, kan regeringsorganisasies soos die departement van gesondheid dit partykeer vir pasiënte moeilik maak om gesondheidsdienste te kry,” meen Engelbrecht. Mbombo het verduidelik die totale-gemeenskapsbenadering vorm deel van die regering se strewe na universele gesondheidsorg. WoSA-projekte is reeds in die Drakenstein-gebied, Khayelitsha en in Manenberg begin. Die Saldanhabaaisubdistrik is die vierde streek waar dié benadering geïmplementeer word. Volgens die minister kan ’n universele gesondheidsorg net gebeur as die private sektor help. “Benewens die private sektor sal samewerking tussen die regeringsdepartemente, munisipaliteite en gemeenskapswerkers ’n groot rol speel in dié holistiese benadering,” het Mbombo verduidelik. “Hierdie benadering is om vir al die Tannie Sarah’s te help. In Saldanha wil ons die sektore bymekaar kry om die beste maatskaplike dienste moontlik aan inwoners te bied.” Die-totale gemeenskaps benadering vorm deel van die provinsiale plan en begroting.
Created at 2019/04/01 11:04 AM by Mediclinic
Last modified at 2019/04/01 11:04 AM by Mediclinic