Welcome to the Doctors' Portal
00:00 Sunday
Mediclinic News : DIÉ KWALE MOET NUWE MINISTER VAN GESONDHEID

Title

DIÉ KWALE MOET NUWE MINISTER VAN GESONDHEID

Date

2019-05-31

Link

News Description

Die eerste nuwe minister van gesondheid in ’n dekade het ’n lang lys van krankhede in beide die staat- en private gesondheidsorgsektor wat hy sal moet genees. Dr. Zweli Mkhize is in die plek van dr. Aaron Motsoaledi aangestel wat van 2009 af in die pos was. Motsoaledi se twee termyne was tot die einde in omstredenheid gehul weens die probleme by staatshospitale. Motsoaledi het fel kritiek op die private gesondheidsbedryf gehad, maar dit het dikwels voorgekom of dit net was om die aandag weg te lei van die probleme met staatshospitale. Terselfdertyd moes lede van mediese skemas die afgelope tien jaar ervaar hoe hul premies onbekostigbaar word omdat belangrike wetsveranderinge nie gekom het wat dinge kon verlig het nie. Onder Motsoaledi se toesig is ’n witskrif en die wetsontwerp oor Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) uitgereik en is begin met die dikwels onsuksesvolle implementering daarvan. Die Mededingingskommissie het ook begin met ’n markondersoek oor die wegholkoste in die private gesondheidsorgsektor, maar neem reeds jare om by ’n finale verslag en aanbevelinge uit te kom. Die aktivistegroep Section 27 het in ’n verklaring verwys na die prioriteite wat Mkhize moet takel: • Die voortgesette krisis in die openbare gesondheidsektor. • ’n Strategie vir personeel in die gesondheidsbedryf. • Infrastruktuur moet in stand gehou word. • Korrupsie moet uitgewis word. • Eerlike konsultasie oor NGV met alle relevante belangegroepe. Section 27 sê: “Ons is bemoedig deur die aanstelling van Mkhize as die minister van gesondheid omdat hy omvattende ondervinding as ’n mediese dokter het en omdat hy LUR van gesondheid was, asook premier van KwaZulu-Natal.” “Ons wil konstruktief met hom skakel om die voortgesette krisis in die openbare gesondheidsorgstelsel aan te spreek.” Volgens Section 27 moet Mkhize “bitter dringend” verseker dat daar ’n deeglike strategie kom vir menslike hulpbronne in die gesondheidsbedryf en dat infrastruktuur instand gehou word. “Gesondheid is geïdentifiseer as een van die mees weerlose sektore vir korrupsie. Die minister moet die nodige stappe doem om te verseker dat dié wat by korrupsie betrokke is in sy departement en in provinsiale departemente verwyder word en dat geskikte gekwalifiseerde en toegewyde persone aangestel word.” Volgens Section27 word Mkhize ook versoek om in eerlike konsultasie oor die wetsontwerp oor NGV met alle betrokke belangegroepe te tree. “In sy huidige vorm glo ons nie die wetsontwerp gaan aan sy belofte voldoen om gehalte-gesondheidsdienste te bring aan almal wat in Suid-Afrika woon en werk nie. “Ons doen ’n beroep op die minister en die kantoor van die president om die konsultasieproses weer te heropen sodat ’n goed ontwerpe, wetlik gesonde en implementeerbare NGV so gou as moontlik gekry word.” Prof. Alex van den Heever van die Universiteit van die Witwatersrand, sê Mkhize het ’n groot uitdaging wat voorlê omdat “sowel die private as openbare sektor ’n baie wesenlike ingryping van die regering benodig”. “Daar is gebreke op verskeie gebiede wat nie deur Motsoaledi aangespreek is nie omdat hy nooit die politieke moed gehad het om die begunstiging in die gesondheidsektor aan te pak nie. Die vraag is of Mkhize die politieke moed gaan hê om die gesondheidstelsel te depolitiseer sodat die stelsel nie net vir ’n paar politieke hooggeplaastes werk nie, maar vir die mense van die land.” “Ek hoop werklik hy gaan nie ontspoor word deur politieke belange nie en dat hy op werklike hervorming sal fokus.” “Mkhize bring ’n groot reeks relevante vaardighede en ondervinding na die rol. Ons is baie optimisties dat hy wesenlike vordering sal maak daarmee om die baie kopsere in die openbare en private gesondheidsektor aan te pak asook met die implementering van ’n NGV-stelsel.” Patrick Masobe, uitvoerende hoof van die administrateur Agility Health, het ook sy aanstelling verwelkom. Masobe sê sy aanstelling kom op draaipunt in die gesondheidsbedryf. “Hy het ’n lang en uitmuntende loopbaan en bring buitegewone diep ervaring na sy nuwe Pos.”
Created at 2019/06/03 12:04 PM by Mediclinic
Last modified at 2019/06/03 12:04 PM by Mediclinic