Welcome to the Doctors' Portal
00:00 Sunday
Mediclinic News : 'Ooievaars' benoud oor duur versekering

Title

'Ooievaars' benoud oor duur versekering

Date

2016-09-29

Link

News Description

PAARL POST Waar plaaslike swanger vroue eers die keuse tussen vier ginekoloë in die Paarl gehad het, is daar nou slegs twee verloskundiges wat privaat die gespesialiseerde diens aanbied. Die nuus van buitensporige versekeringskoste wat ginekoloë wat verloskunde praktiseer, moet betaal, het die hele land aan die praat. Behalwe vir die twee plaaslike ginekoloë wat hul praktyk se deure gaan sluit, gaan vier ginekoloë van Worcester ook hul passie vaarwel roep omdat die versekeringskoste net te hoog is. Een van die plaaslike ginekoloog, dr. Greg Grobler, vertel dat hy ook sy liefde vir verloskunde moes prysgee as gevolg van die duur versekeringskoste wat die Medical Protection Society (MPS) gehef het. Hy vertel dat die versekeringskoste vanjaar R650 000 vir die jaar beloop en dat daar gerugte is dat dit volgende jaar sowat R1 miljoen kan wees. "As jy die bedrag deur 12 maande verdeel, dan is die bedrag R54 166 per maand wat betaal moet word." Hy verduidelik dat sekere planne van Discovery mediese fonds R3 260 per normale bevalling betaal en Gems R3 895. "Ek verkies om nie meer as 15 bevallings per maand te hanteer nie, so as ek 15 Discovery pasiënte verlos, dan sal ek R48 900 verdien en as ek 15 Gems pasiënte verlos het dan is die bedrag R58 425 vir die maand. So of ek het 'n R5 266 verlies of ek maak slegs R4 259 uit verlossings uit." Grobler het verduidelik dat dit finansieel nie meer die moeite werd is om swangerskappe te hanteer nie. "Verloskunde is veeleisend. Dinge kan so gou verkeerd loop, so jy moet regtig op jou tone wees." Hy vertel dat hy nie meer as 15 geboortes per maand wil hanteer nie omdat dit die gehalte van sorg sal beInvloed. Omdat geboortes so onvoorspelbaar is, moet hy dikwels tot twee keer in die nag hospitaal toe ry vir 'n geboorte of 'n moontlike geboorte en dan weer terug huis toe. "Seweuur die volgende oggend moet ek weer terug wees by die werk. Ek kan deur die dag ook uitgeroep word na 'n kraamgeval. En dan partykeer kom ek eers laat by die huis. Weens die hoer versekeringskoste is die vergoeding vir al die werk nie meer die moeite werd nie. "Ek kan my pryse opstoot, maar baie pas lente kan nie die ekstra geld bekostig nie. En ek kan dit verstaan." Hy vertel dat hy as mediese student by 'n sendinghospitaal in 1966 die geleentheid gegee is om sy eerste baba te verlos. "Dit was vir my amazing. Vandag verbs ek babas van vroue wat ek ook verbs het toe hulle gebore is. Dit is net 'n wonderlike gevoel." Hy vertel dat hy dit nooit as 'n werk beskou het nie, maar eerder as 'n voorreg om verloskunde te beoefen. "Dit is regtig hartseer wat nou gebeur." Volgens Grobler word daar al hoe meer eise teen ginekoloe ingestel en dit is waarskynlik die rede vir die skerp toename in versekeringskoste. Hy se dat ginekoloë vir miljoene rande gedagvaar kan word. "Sou jy die saak in die verlede verloor, het die versekering die volle eis gedek, maar nou gaan die versekering net 'n sekere bedrag dek. En sou die waarde van die eis die maksimum bedrag oorskry, sal die dokter die res moet betaal." Hy verduidelik dat ginekoloë in die toekoms die versekeringsmaatskappy vooraf in kennis sal moet stel indien hulle dink 'n pasient gaan dalk 'n eis instel. En as dit nie vooraf gedoen is nie, het die maatskappy die reg om nie die saak te hanteer nie. Volgens Jacorie Visagie, kliëntediensbestuurder van Mediclinic Paarl, kan hulle nog nie bepaal hoe die verwikkeling die hospitaal gaan beInvloed nie. "In hierdie stadium is ons van mening dat dit te vroeg is om te weet hoe dit ons besigheid kan beïnvloed, of om te bepaal of dit 'n tendens binne die bree raamwerk van ginekologie sal word. Indien 'n dokter se praktyk verkies om nie ondersteuning te verskaf nie, sal dit as 'n operasionele kwessie hanteer word wat op hospitaalvlak bestuur moet word. Enige moontlike groter impak op die besigheid sal oor die lang termyn beoordeel word namate meer inligting beskikbaar word," het Visagie gesê. Woordvoerder van Paarlhospitaal, Bianca Carls, het gese: "Kliënte wat gebruikmaak van private ginekoloë gaan nie noodwendig nou gebruik maak van verloskunde dienste by openbare gesondheidsorgfasiliteite nie, maar eerder alternatiewe verloskundige dienste by ander privaat ginekoloë soek." Carls het verduidelik dat die Wes-Kaapse departement van gesondheid 'n aantal obstetriese eenhede met vroedvroue (AW's) en distrikshospitale met voorgeboortelike sorg, geboorte sorg en nageboortesorg dienste verskaf. "Ons wil graag die publiek aanmoedig om hub naaste kliniek te kontak om navraag te doen oor beskikbare dienste," het Carls gesê.
Created at 2016/10/04 04:40 PM by Mediclinic
Last modified at 2016/10/04 04:40 PM by Mediclinic