Welcome to the Doctors' Portal
00:00 Sunday
Mediclinic News : Koordlose pasaangeër deur lies ingeplant

Title

Koordlose pasaangeër deur lies ingeplant

Date

2016-10-27

Link

News Description

NETWERK24, DIE BURGER, BEELD, VOLKSBLAD 'n Koordlose pasaangeër, wat klein genoeg is om met 'n kateter deur die lies tot by die hart ingevoer te word, is onlangs die eerste keer in plaaslike pasiënte ingeplant. Die Medtronic Micra is deur dr. Razeen Gopal, elektrofisioloog by die Panorama Mediclinic in Kaapstad, suksesvol in vier mense ingeplant. Die pasaangeër is 2,5 cm lank en 0,67 cm breed sowat 'n tiende die grootte van 'n gewone pasaangeër. 'n Snytjie word in die lies gemaak en die toestelletjie word met 'n kateter in die dyslagaar tot aan die onderkant van die regterhartkamer gevoer, sê Gopal. Daar heg die pasaangeër met vier klein metaalhakies aan die hart. Anders as tradisionele pasaangeërs, is daar nie 'n koord wat lei na 'n klein sakkie onder die vel nie. Die toestel reageer op mense se aktiwiteitsvlakke deur outomaties die pas vir die hart aan te gee. Dit kan onderskei tussen die natuurlike ritme van die hart en die pasiënt se bewegings. Dit is ook, volgens Gopal, die eerste pasaangeër waarmee mense sekere MRI-skanderings kan ondergaan. Dit kan tien jaar in die liggaam bly en daarna kan 'n tweede en selfs 'n derde een by die hart geplaas word. Gopal sê dit is ideaal vir mense wat 'n pasaangeër in een hartkamer benodig, asook in gevalle waar die dokter dink dit sal moeilik wees om die tradisionele toegangsroete vir die operasie, via die regter of linkerskouer, te gebruik. Volgens die hospitaal kan hulle nog nie se wat die koste van die operasie is nie, omdat dit nog onderhandel word.
Created at 2016/10/31 09:13 AM by Mediclinic
Last modified at 2016/10/31 09:13 AM by Mediclinic