Welcome to the Doctors' Portal
00:00 Sunday
Mediclinic News : Drade loop nie deur enige bloedvate niev

Title

Drade loop nie deur enige bloedvate niev

Date

2016-11-22

Link

News Description

DIE BURGER EERSTE VIR MEDICLINIC PANORAMA Drie jaar gelede ontsnap hy uit die kloue van die dood toe sy hart tydens 'n fietstoer gaan staan; vandag is hy die eerste pasiënt in Suid-Afrika en Afrika suid van die Sahara op wie 'n nuwegenerasie onderhuidse hartskoktoestel ingeplant is. Die pasient is Jan Wiehman (55) van Welgemoed, wat op 1 Desember 2013 tydens 'n fietstoer op Stellenbosch skielik ineengestort het toe hy in die voorste bondel gejaag het. Sy lewe is gered toe paramedici baie vinnig by horn gekom het en vinnig met horn na 'n hospitaal in die Paarl gejaag het. Dokters kon daarin slaag om betyds sy hart weer aan die gang te skok. Hy was twee en 'n half jaar sonder simptome en ry nog fiets, maar teen 'n matiger tempo en het die afgelope tyd hartkloppings ontwikkel. Die hartskoktoestel is onder sy vel ingeplant om sy lewe te red as sy hart skielik weer gaan staan. Die rede vir sy skielike hartstilstand is nie bekend nie, maar sy hartvate (kroonare) is mooi oop en hy het waarskynlik nie 'n hartaanval gehad nie. Hy het egter 'n groot risiko vir 'n tweede skielike hartstil stand. Gister is die lewensreddende hartskoktoestel, ook bekend as 'n subkutane hartdefibrillator, in die Mediclinic Panorama onder Wiehman se vel ingeplant sonder dat enige van die toestel se drade aan sy hart raak. Dr. Razeen Gopal, kardiale elektrofisioloog van die Kaapstadse AF Sentrum, wat in die Mediclinic Panorama gelee is, het die nuwegenerasie hartskoktoestel ingeplant. "Anders as die tradisionele inplantbare defibrillators, loop die nuwe toestel se drade glad nie deur enige bloedvate nie, en sodoende word potensiele komplikasies wat met sulke bloedvatbedradings gepaard gaan, waarvan infeksie die mees gevreesde komplikasie is, uitgeskakel," sê dr. Gopal. Skielike hartstilstand is 'n lewensbedreigende mediese noodgeval wat skielik en sonder waarskuwing kan plaasvind. Tydens skielike hartstilstand is die elektriese geleidingsweefsel van die hart defektief, kan die hart nie kragtig genoeg saamtrek nie en dus ook nie voldoende bloed na die liggaam pomp nie. Dit lei tot 'n tekort aan bloed in die brein, wat op sy beurt tot bewusssynsverlies sal lei. As die hart nie binne die bestek van drie minute geskok word sodat dit weer teen normale hartritme klop nie, kan breinskade en die dood intree. Een van die behandelingsopsies vir mense met 'n hoe risiko vir skielike hartstilstand is die inplanting van 'n hartdefibrillator, wat dan skielike dood kan voorkom. Inplantbare hartdefibrillators kan onreelmatige hartritmes "diagnoseer" en dan 'n kragtige elektriese skok aan die hart toedien sodat normale ritme (bekend as sinusritme) herstel word. Navorsing het getoon dat hierdie inplantbare toestelle 95% van gevaarlike vinnige hartritmes doeltreffend kan omkeer tot normale ritmes. Met 'n inplantbare defibrillator kan 19 uit 20 mense 'n skielike hartstilstand oorleef. Nou kan die toestelle, danksy nuwe tegnologie, nog veiliger ingeplant word.
Created at 2016/11/29 11:09 AM by Mediclinic
Last modified at 2016/11/29 11:09 AM by Mediclinic